BlogsOpinion

Die toeriste is hier!

As ons boswereld mooi groen is en kos volop, kry ons elke jaar besoekers van tropiese Afrika in ons tuine. As jy n voel is kan jy nogal ver trek in n kort tyd, oor landsgrense heen.

As ons boswereld mooi groen is en kos volop, kry ons elke jaar besoekers van tropiese Afrika in ons tuine. As jy n voel is kan jy nogal ver trek in n kort tyd, oor landsgrense heen.

Party kom van Mosambiek en ander so ver as Zaire. Party soos die koekoeke kom al in die begin van die lente, terwyl die visvangers en vlievangers eers na goeie reen kom.

Die koekoeke is n taamlike gemaklike klomp, amper soos toeriste. Met hulle lekker lang, gepunte vlerke, kan hulle vinnig vlieg op soek na groener weivelde.

Hulle het korterige bene en voed meestal in die krone van bome op wurms (larwes). Hulle arriveer in die lente en begin luidkeels roep vir maats en territoriums. Roepe van die piet my vrou, diedrikie, meitjie, mooimeisie en swart koekoek sweef deur ons boswereld. Hulle is ywerig om te broei, maar sonder om nes te bou, want hulle le sommer hul eiers in ander voels se neste. (parasitiese broeiers) .

Mens moet toegee hulle het hierdie bedrogspul fyn uitgewerk en goeie beplanning gedoen. Soos goeie skelms het hulle selfs die eiers vervals, met dieselfde kleurskema en merke as die gasheer eiers!

Hulle le net een eier per gasheer nes, want die koekoek kuiken is baie groter as sy nuwe familie, selfs groter as die ouers wat hom voer! En sodra hy uitbroei skop hy al die anser eiers of kuikens uit die nes!

Al ons besoekers is darrem nie skelms nie, en ons verwelkom hulle, want hulle verfraai ons wereld. Soos die koekoeke is die ander besoekers baie kleurvol, waarskynlik omdat almal van meer tropiese dele af kom Paradys vlieevangers, bosveld visvangers, dwerg visvangers en witbors spreeus helder ons tuine op.

Na n paar maande van luidrugtige roepe en helder kleure trek hierdie klompie voels weer na groener weivelde. Ons het egter ons eie visvangers en vlieevangers wat dwarsdeur die jaar by ons bly en ons ekosisteme aan die gang hou. Ons het ongelukkig nie ons eie koekoeke nie, want hulle sien waarskynlik nie kans om te gaan kos soek in die winter nie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Mpumalanga News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button