Departement loods ondersoek na Mosselbaaise onderwyser vir beweerde seksuele wandade gearresteer word

Die skool sê hulle het op geen stadium enige klagtes wat met die onderwyser verband hou ontvang nie.

Die Wes-Kaapse onderwys department het ‘n ondersoek geloods na die inhegtenisname van ‘n 43-jarige onderwyser van Laerskool Park in Mosselbaai op 13 aanklagte wat verkragting van ‘n minderjarige, seksuele aanranding en seksuele gereedmaking insluit,

Intussen sê die skool dat hulle geen idee gehad het van die ondersoek teen een van hul personeellede, tot kort voor sy inhegtenisname nie.

Luidens ‘n persverklaring deur die polisie is die slagoffer tans 16-jaar oud en het die ondersoek onthul dat die misdrywe tussen 2019 en 2021 gepleeg is. Die slagoffer is na bewering tydens verskeie voorvalle seksueel aangerand en verkrag.

Die polisie se gesinsgeweld het die ondersoek gedoen en die onderwyse is Woensdag by die skool gearresteer waarna hy na sy huis vergesel is. Hier het die polisie glo op nog bewysstukke beslag gelê.

Die man het Vrydag in die Mosselbaai Landdroshof verskyn en sal in aanhouding bly tot sy borgaansoek op 4 Oktober.

Die Wes-Kaapse Department van Onderwys se woordvoerder, Bronagh Hammond, sê die beweringe teen die onderwyser is kommerwekkend en word in ‘n baie ernstige lig beskou.

“Ons sal ‘n ondersoek loods en sal ons volle samewerking aan die owerhede gee.”

Laerskool Park skoolhoof, Daan du Toit, het op ‘n navraag deur die Mossel Bay Advertiser gereageer en gesê:

“Die skool is ingelig van beweringe en die ondersoek teen een van ons onderwysers. Ons het geen vooraf kennis gehad van die aangeleentheid of die voorval nie en is onlangs eers deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens ingelig van die onafhanklike ondersoek.

“Ons beskik nie op hierdie stadium oor meer besonderhede nie. Die skoolbestuur en beheerliggaam het geen klagtes in hierdie verband in enige stadium ontvang nie.”

 

 

Read original story on www.mosselbayadvertiser.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button