Vragmotor tref slaggat in Belfast, ry by kinders se kamer in
’n Vragmotor het vroegoggend by ’n slaapkamer in Mpumalanga ingeploeg nadat dit ’n slaggat getref het.
’n Vragmotor het Dinsdagoggend omstreeks 02:00 by ‘n huis in Belfast ingeploeg. Die vragmotor het vanaf Stoffberg in die rigting van Belfast teen ’n afdraande gery en ‘n reuse-slaggat getref.
Die vragmotor was gelaai met ‘n vrag chroom en het eers deur ‘n veld gery en toe die huis in Luzanda Magugulastraat getref.
Talle mense en die Belfast-nooddienste het hulle na die toneel gehaas, omdat daar verneem is dat ’n vrou en twee kinders in die kamer gelê en slaap het waar die trok deur die muur is.

Jaap Meyer het op die toneel gestop en daar is aan hom gesê dat die ongeluk omstreeks 02:00 gebeur het, maar dat die vragmotorbestuurder eers teen 06:00 uit die trok gehaal kon word.
Die vrou en die twee kinders is onder die trok uitgehaal.
Hulle is met privaatvervoer na die Belfast-hospitaal geneem en het nie ernstige beserings opgedoen nie.

Die vragmotorbestuurder is vir ’n skouerbesering behandel.
Die vragmotor was Dinsdagoggend steeds op die toneel, omdat daar gewag is vir die eienaar om die toneel te besoek.
- Hierdie berig is aangepas vandat dit die eerste keer gepubliseer is.

@middelburgobserver A truck hit a pothole and flew into a house in Belfast at 02:00 this morning. The Children who were fast asleep at the home were taken to the hospital. The pothole in the begining is what caused the crash, the truck in the begining is not the truck that crashed #accident #truck #trucks #belfast
Read original story on www.citizen.co.za