Tzaneen ma sterf in botsing op pad terug van laerskolerugbytoernooi
Lizelle Stoltz het as Tzaneen se ‘TikTok mamma’ bekend gestaan en was ‘n bekende gesig langs die rugbyveld.
Die gemeenskap van Tzaneen is steeds geskok na die skielike afsterwe van Lizelle Stoltz (36) in ‘n motorongeluk op pad terug van ‘n skolesporttoernooi by Camp Discovery buite Pretoria op 9 April.
Stoltz is op slag dood nadat die gesin se Toyota Fortuner ongeveer 18:00 op die N1-pad met ‘n vragmotor gebots het nadat hulle die Super 12-laerskolerugbytoernooi se halfeindstryde en eindstryde gaan bywoon het. Die ongeluk het sowat 20km voor Polokwane plaasgevind.
Stoltz se man, Corné, seuns, 10 en sewe jaar oud, en ‘n spanmaat, het ligte beserings opgedoen en is by Limpopo Mediclinic behandel. Die egpaar se ses maande oue baba het geen beserings opgedoen nie.
@crochet_crime_commentary Life is hard without her. For Corné Stoltz (43) of Tzaneen, his wife Lizelle (36), who recently died in an accident on the N1 outside Polokwane, was his everything. Lizelle was also a beloved TikToker, cherished by her followers for her vibrant and engaging content #southafrica #caraccident #tiktoknews #lizellestoltz
Stoltz was ‘n vurige ondersteuner van skolesport en was bekend as ‘Tzaneen se TikTok-mamma’ waar haar videos groot aanhang geniet het.
Skoolhoof sê Stoltz was die ‘cool‘ ma
“Dit is met leedwese dat Laerskool Tzaneen verneem het van die afsterwe van Lizelle Stoltz, ‘n ouer van ons skool. Ons sal Lizelle onthou as ‘n dinamiese, saggeaarde en hulpvaardige vrou. Jy was altyd langs die rugbyveld en het die seuns aangemoedig. Jy was die ‘cool’ mamma. Ons dink aan Corné, seuns en familie in hierdie moeilike tyd,” het Willes Steenkamp, hoof van Laerskool Tzaneen, gesê.
Die familie het die gemeenskap van Tzaneen vir hulle ondersteuning in die moeilike tyd bedank, onder andere die ouers van Laerskool Tzaneen wat omgedraai het om op die ongelukstoneel te help en die gesin by die hospitaal bygestaan het.
Hulle het ook elkeen wat vir die gesin etes gestuur het en gesorg het dat daar na die kinders se behoeftes omgesien word, bedank.
Stoltz se lewensviering het vandag (Vrydag) by Rabbit Moon in Tzaneen plaasgevind.
Read original story on www.citizen.co.za