Man dood ná hy van duikplank afspring by kuierplek langs Witbank-dam

Die man het volgens ooggetuies van ‘n duikplank, by ‘n kuierplek langs Witbank-dam, afgespring en nie weer opgekom nie.

‘n Man is gistermiddag dood nadat hy van ‘n duikplank in Witbank-dam ingespring het.

Die fratsongeluk het by ‘n gewilde kuierplek langs die dam gebeur.

Volgens ooggetuies het die man probeer om ‘n ‘backflip’ te doen en het na bewering op sy rug in die water geval.

“Sy vriend het ná hom ingespring, en toe hy opkom uit die water het hy besef die man het nog nie opgekom vir asem nie,” het ooggetuies vertel.

Die man se liggaam is deur die Nasionale Seereddingsinstituut uit die water gehaal.

Sy identiteit word weerhou tot hy formeel uitgeken is.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Andrea van Wyk

Caxton’s Digital Editorial Manager. I am a journalist and editor with experience spanning over a decade having worked for major local and national news publications across the country and as a correspondent in the Netherlands. I write about most topics with a special interest in politics, crime, human interest and conservation.
Back to top button