Man (20) vermoor toe hy van Vanderbijlpark na Vereeniging stap
Nico Dean Venter was van sy verloofde se huis op pad na sy ma toe, maar het nooit opgedaag nie. Sy liggaam is later langs die R42 gevind.
Nico Dean Venter (20) was per voet vanaf sy verloofde se huis in Vanderbijlpark na sy ma se huis in Vereeniging onderweg toe hy aangeval is.
Hy is Saterdag as vermis aangemeld en sy liggaam is later langs die R42 gevind.
Die saak word deur die Sharpville-polisie ondersoek.

Die Sektor 3 Gemeenskapspolisieëringsforum het gister die publiek gewaarsku oor ‘n vlaag misdade – wat kaping en moorde insluit – langs die R42, tussen Makro en die Isak Steyl-stadion.
“Ons raai mense sterk aan om onder geen omstandighede langs dié pad te stop nie. Dit het ‘n gevaarlike area geword,” lees die waarskuwing.
Read original story on www.citizen.co.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!