Man (20) langs R42 vermoor
Die 20-jarige Nico Dean Venter is vermoor toe hy Vrydag van Vanderbijlpark na Vereeniging gestap het langs die R42.
VANDERBIJLPARK. – Nico Dean Venter was per voet vanaf sy verloofde se huis in Vanderbijlpark na sy ma se huis in Vereeniging onderweg toe hy aangeval is.
Hy is Saterdag as vermis aangemeld. Sy liggaam is later langs die R42 gevind.
Die saak word deur die Sharpville polisie ondersoek.
Die Sektor 3 Gemeenskapspolisieëringsforum het Dinsdag die publiek gewaarsku oor ‘n vlaag misdade – wat kaping en moorde insluit – langs die R42, tussen Makro en die Isak Steyl-stadion.
“Ons raai mense sterk aan om onder geen omstandighede langs dié pad te stop nie. Dit het ‘n gevaarlike area geword,” lees die waarskuwing.
*Volledige berig in Vrydag se gedrukte weergawe van Vaalweekblad.
