Vyfde sluis by Vaaldam binnekort oop: Inwoners stroomaf gewaarsku
Inwoners stroomaf van die Vaal- en Bloemhofdamme wat reeds ontruim het word aangeraai om die gebied te vermy.
Inwoners langs die Vaalrivier is gewaarsku dat die Departement van Water en Sanitasie vandag nog twee sluise by die Vaaldam sal ooptrek. Dit sal die totale hoeveelheid sluise wat oop is na vyf bring.
Die departement het vanoggend om 10:00 ‘n vierde sluis oopgetrek en sal om 16:00 ‘n vyfde sluis ooptrek.
Die Vaaldam ervaar tans ‘n verhoogde invloei weens swaar reënval in die dam se opvangsgebied.
Mense wat onder die vloedlyn van die Vaalrivier, stroomaf van die Vaal- en Bloemhofdamme woon en ontruim het, moet voortgaan om die oorstroomde gebiede te vermy aangesien die rivieropvanggebied oorversadig bly.
Read original story on www.citizen.co.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!