3 studente geïdentifiseer ná ‘Kill the Boer’-sang voor Potchefstroom-koshuis

’n Ondersoek is geloods nadat ’n video, waarin die woorde ‘Kill the Boer’ gehoor kan word, wyd op sosiale media versprei is.

Drie studente wat glo die kontroversiële Kill the Boer-lied Donderdagaand op die NWU se Potchefstroom-kampus gesing het, is geïdentifiseer.

Potchefstroom Herald berig dat volgens Louis Jacobs, die direkteur van korporatiewe kommunikasie van die NWU, duur die ondersoek voort. Dié studente se identiteite is sover nog nie bekend nie.

Afriforum Jeug het ‘n dringende beroep op prof. Bismark Tyobeka, die visekanselier van die NWU, gedoen om die die sing van dié dreunsang op alle NWU kampusse te veroordeel en verbied.

Volgens Yvonne Gerber, ‘n jeugbeampte vir ontwikkeling van AfriForum Jeug, beteken die hof se wettiging van die IsiXhosa lied Dubul’ ibhunu (wat in Engels vertaal word na Kill the Boer) en die beslissing dat dit nie haatspraak is nie, geensins dat die universiteit mag wegskram van verantwoordelike en morele optrede teen die sing daarvan nie.

“Net soos die dra van ’n vuurwapen wettig is in Suid-Afrika, maar nie op kampus toegelaat word nie, kan die universiteit ook in dié verband duidelike grense stel en sê dat hierdie lied nie op kampus toegelaat of geduld sal word nie,” verduidelik Gerber.

Die EFF se jeugvleuel in Potchefstroom het in ‘n verklaring gesê dat die lied nie ‘n oproep tot geweld teen enige iemand is nie.

“Dit is ‘n lied gegrond op die stryd teen kolonialisme en wit heerskappy. Die howe het ons reg om dit te sing bevestig. Ons sal dit luid en sonder verskoning aanhou sing,” het die EFF in ‘n verklaring gesê.

Waarskuwing: Die volgende video bevat sterk taalgebruik

Kyk die video:


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button