Kommer ná pa buite Potchefstroomse laerskool met vuurwapen gedreig is

Inligting word gesoek nadat ’n ouer wat sy kinders kom haal het, buite Laerskool Bailliepark met ’n vuurwapen gedreig is.

Ouers van Laerskool Bailliepark in Potchefstroom is erg bekommerd nadat ‘n vuurwapen gister op ‘n ouer gerig is wat sy kinders by die skool opgelaai het.

Potchefstroom Herald berig ‘n brief is vandag deur die skool aan ouers van dié laerskool uitgestuur en daarin word gevra dat enigiemand met inligting na vore moetkom.

“Ons wil u graag in kennis stel van ’n onaangename insident wat gistermiddag by die skool plaasgevind het. Een van ons ouers is deur ’n swart BMW gevolg vanaf sy werkplek in die Bult-omgewing. Die ouer het sy kinders omstreeks 17:15 by die draaihek in Paveystraat by die nasorg opgelaai,” lui die omsendbrief wat deur Jonathan Baron, die beheerliggaam sevoorsitter, uitgereik is.

“’n Blou-grys dubbelkajuitbakkie het toe gestop. Van die insittendes het uitgeklim en een persoon het in ’n woordewisseling met die ouer betrokke geraak. Tydens dié interaksie is ’n vuurwapen op die ouer gerig. Die ouer het homself en sy kinders so vinnig moontlik van die toneel verwyder. Geen skote is afgevuur nie en niemand is beseer nie.”

Die brief wil ouers van hulle kinders se veiligheid verseker.

“Dit wil tans voorkom asof die hele voorval op ’n misverstand berus het. Ons as skool beskou hierdie voorval egter in alle erns en is reeds besig om die betrokke voertuie te identifiseer.  Ons doen ’n beroep op enige ouers met verdere inligting om asseblief vir Mnr. Benje Ouwencamp te kontak. Die veiligheid van ons kinders, ouers en personeel is vir ons nie onderhandelbaar nie en ons kan U verseker dat ons alles in ons vermoë doen om dit te waarborg.”

By navraag van die Potchefstroom Herald, het Ouwencamp, die onderhoof van die skool, gesê die skool kan in hierdie stadium nie kommentaar lewer nie, maar hy kan verseker die beeldmateriaal is reeds aangevra en die saak word ondersoek.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.
Back to top button