Vaaldriehoek-tiener sterk mooi aan ná hy nek breek in rugbywedstryd

Die 17-jarige Francois Kruger, wat sy nek in ‘n rugbywedstryd gebreek het, herstel goed ná ‘n noodoperasie.

Die Vanderbijlparker, Francois Kruger, wat Saterdag sy nek in ‘n rugbywedstryd gebreek het sterk goed aan in die Unie-hospitaal in Alberton.

Vaalweekblad berig die 17-jarige Francois het in ‘n Noordvaal-kragmeting vir die Hoërskool Transvalia teen Hoërskool Nelspruit sy nek in ‘n duikslag gebreek. “Dit was ‘n fratsongeluk gewees; dit kon met enigeen gebeur het,” sê sy ma Liana.

Die Krugers is dankbaar dat Francois die besering en noodoperasie oorleef het en is vol lof vir die behandeling en ondersteuning wat hy tot dusvêr ontvang het.

Francois is tans in ‘n gewone saal en kon reeds gister besoekers ontvang. Hoewel die pad vorentoe nog onbekend is, is die gesin vol moed en dankbaar vir elke gebed.

Francois het ‘n suksesvolle noodoperasie by Cormed-hospitaal in Vanderbijlpark ondergaan voordat hy Alberton toe verskuif is.

“Ons wil vir Transvalia, die hoof Johann Venske, sy broer Herman en die beheerliggaam dankie sê vir die finansiële bystand wat ons gehelp het met die operasie. Asook vir die dame by Cormed wat vinnig reëlings getref het, as dit nie vir haar was nie sou Francois dit nie gemaak het nie. Hy was besig om verlam te raak,” het Carel Kruger, Francois se pa, vroeër gesê.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button