Local newsNewsNews

Valia-rugbyspeler breek sy nek teen Nelspruit

Tweede rugbyspeler in drie maande van die Vaaldriehoek wat sy nek in 'n rugbywedstryd breek

VANDERBIJLPARK – Die Vaaldriehoek is weer geskud nadat Francois Kruger (17), ‘n kranige rugbyspeler van die HS Transvalia, gister op sy skool se tuisveld sy nek in ‘n derdespan-kragmeting teen HS Nelspruit gebreek het.

Hy het intussen ‘n suksesvolle noodoperasie ondergaan. “Die operasie het goed gegaan. Hy sal more uit ICU (hoësorgeenheid) na ‘n gewone saal oorgeplaas word. Ons het soveel mense om voor dankie te sê.

“Ons wil vir Transvalia, die hoof Johann Venske sy broer Herman en die beheerliggaam dankie sê vir die finansiële bystand wat ons gehelp het met die operasie. Asook vir die dame by Cormed wat vinnig reëlings getref het, as dit nie vir haar was nie sou Francois dit nie gemaak het nie. Hy was besig om verlam te raak, ” het Carel Kruger, Francois se pa gesê.

Sy ma Liana het hierie roerende plasing op Facebook gemaak:

Franna, 02/08/2025, is ʼn dag wat ek nooit ooit weer wil beleef nie. Ek dink nie die woorde “Julle kind se nek is gebreek” is al ʼn realiteit nie. Dit voel nog so onwerklik…mens verwag dit nie. Rugby is vir ons ʼn liefde, ʼn passie, nie ʼn dag van hel nie…

Francois in aksie op die rugbyveld.

En dit raak nie beter nie. Hoe verwerk mens die woorde “jou kind is besig om verlam te raak, ons kan hom dalk nie red nie”? Wat doen mens???

En dan besef mens hoeveel spesiale plekke jy in almal se harte het. Hoeveel mense vir jou omgee, vir jou lief is. Vir jou bid vir volkome herstel.

Aan die einde van n baie lang uitputtende dag, kan ek net dankbaar wees. Die Here het jou vandag beskerm en sy favourite gemaak. Hy het vir JOU gekies om fine te wees.

Hoe amazing is die krag van gebed! My rugby mamma hart is seer, jy het my genot verskaf met jou mooi talent! Ju het jou laaste game besonders goed gespeel, so asof jy geweet het… Maar my mamma hart loop oor van dankbaarheid dat jy fine sal wees. Dat jy more sal kan loop, dat jy more nog sal lewe.

Francois se nekbesering volg drie maande nadat Vilano Saunders, ‘n tweedejaars onderwysstudent aan die NWU Vaal, gesterf het nadat hy ook sy nek in ‘n rugbywedstryd gebreek het.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en sal aangepas word soos wat nuwe inligting beskikbaar word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button