Local newsNewsNews

Francois sterk mooi aan nadat hy nek breek

Noodoperasie was suksesvol

VANDERBIJLPARK – Die Vanderbijlparker, Francois Kruger, wat Saterdag sy nek in ‘n rugbywedstryd gebreek het sterk goed aan in die Unie Hospitaal in Alberton.

Die 17-jarige Francois het in ‘n Noordvaal-kragmeting vir die HS Transvalia teen HS Nelspruit sy nek in ‘n duikslag gebreek. “Dit was ‘n fratsongeluk gewees dit kon met enigeen gebeur het,” sê sy ma Liana.

Die Krugers is bitter dankbaar dat Francois die besering en noodoperasie oorleef het en is vol lof vir die behandeling en ondersteuning wat Francois ontvang het.

Francois is tans in ‘n gewone saal en kon reeds gister besoekers ontvang. Hoewel die pad vorentoe nog onbekend is die gesin vol moed en dankbaar vir elke gebed.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button