Vrou in Vredefort-hof verwag ná haar vriend se dood

'n 34-jarige man is met 'n steekwond aan sy bolyf gevind en het later in 'n hospitaal in Parys aan sy wonde beswyk.

’n Vrou van die Mokwallo-woonbuurt in Vredefort sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn op ‘n klag van moord ná die dood van haar 34-jarige vriend, Thumello Mokone.

Parys Gazette berig plaaslike polisiewoordvoerder Sersant Josephine Rani sê ‘n rusie tussen die vrou en haar vriend het na wat beweer word handuit geruk en die slagoffer is met ‘n mes gesteek.

Mokone is met ’n steekwond aan die bolyf na die Parys-hospitaal geneem, waar hy later aan sy beserings beswyk het.

Die voorval het reeds Donderdagaand omstreeks 19:30 in Jabafustraat, Mokwallo, plaasgevind, het Rani gesê.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button