Man in Bethlehem-hof verwag ná bebloede slagoffer in asblik gevind is
Polisie het ’n man in hegtenis geneem nadat hy ’n trollie-asblik met ’n ander man se liggaam daarin rondgestoot het.
‘n Man van Bohlokong by Bethlehem sal vandag in die Bethlehem-landdroshof verskyn op ’n aanklag van moord.
Parys Gazette berig hy staan tereg op dié klag ná hy en ‘n ander man stry gekry het oor ‘n gesteelde selfoon.
Die polisie het vroeg gisteroggend die verdagte in hegtenis geneem nadat hy betrap is waar hy besig was om ’n trollie-asblik na ‘n huis te stoot. Die bebloede slagoffer was in dié asblik gevind.
Adjudant-Offisier Mmako Mophiring sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat die verdagte en die slagoffer gestry het oor ’n selfoon wat die verdagte glo geneem en verkoop het. Die verdagte was op pad om die slagoffer na die koper se huis te neem toe hy deur die polisie voorgekeer is.
Die slagoffer het ’n diep sny agter sy linkerkuit opgedoen, wat glo deur ‘n sinkplaat veroorsaak is, toe hy probeer vlug het. Hy het ook verskeie kneusplekke op sy liggaam gehad.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za