Video: Renoster skrik g’n vir olifante by dié Mosselbaai-reservaat

’n Onverskrokke renoster by die Botlierskop-privaatwildreservaat naby Mosselbaai het gewys hy laat hom nie intimideer deur ’n olifant nie.

Wie het gesê jou grootte moet jou selfvertroue in ’n geveg beïnvloed?

’n Renoster by die Botlierskop-privaatwildreservaat naby Mosselbaai skrik beslis nie vir dié reservaat se olifante nie!

Die reservaat het gister, 8 Oktober, ’n video op sy Facebook-blad gedeel waarop ’n renoster en olifant effens haaks met mekaar raak. 

’n Besoeker, Deon van den Berg, het die beeldmateriaal vasgevang toe hulle gedurende ’n wildrit op dié toneel afgekom het.

In sy plasing beskryf die reservaat dit as die natuur se krag ten volle vertoon. 

“Oomblikke soos hierdie herinner ons hoe besonder die lewe in die natuur kan wees – elke ontmoeting waarlik enig in sy soort,” het die reservaat gesê.

VIDEO: Renoster skrik g’n

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.mosselbayadvertiser.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Linzetta Calitz

Linzetta Calitz, Mossel Bay Advertiser
Back to top button