Broers in Potchefstroom geskiet: Verdagte nie voormalige Chubby Chick-werker

Die maatskappy waarvan twee direkteurs in Potchefstroom geskiet is, het ‘n verklaring uitgereik om sekere bewerings reg te stel.

Die man (73), wat vir Johnathan en Deon Fourie Maandag (10 November) by Chubby Chick se hoofkantoor geskiet het, is nie ‘n voormalige werknemer nie en hou geen verbintenis met die maatskappy nie.

In ‘n persverklaring wat deur die maatskappy en familie uitgereik is, is daar bevestig die vergadering moontlik verband gehou het met ’n eiendomstransaksie.

“Volgens voorlopige inligting is ’n vergadering tussen twee direkteure, Johnathan en Deon Fourie, en nog ’n individu gehou, vermoedelik oor ’n eiendomstransaksie.”

Die skietvoorval het glo na die vergadering gebeur, en nie tydens die vergadering soos aanvanklik berig is nie.

“Ná die vergadering het die individu die gebou verlaat, maar ongeveer 30 minute later teruggekeer. Op daardie stadium was Deon steeds in die raadsaal toe die verdagte die gebou binnegekom en hom verskeie kere geskiet het.

“Hy het om hulp geroep, waarna Johnathan onmiddellik gereageer en die verdagte in die raadsaal ontmoet het, waar hy ook verskeie kere geskiet is.”

Die maatskappy se sekuriteit het vinnig opgetree en die verdagte onder bedwang gebring.

“Sekuriteitspersoneel het toegetree en ’n verdere skietvoorval het plaasgevind. Die verdagte is gewond en na ’n plaaslike hospitaal vervoer, waar hy tans onder streng polisie toesig is.

“Tragies, is Johnathan is op die toneel oorlede. Deon is per lugvervoer na ’n hospitaal in Gauteng geneem, waar hy geopereer is. Hy is tans in ’n kritieke maar stabiele toestand in die intensiewe sorgeenheid.”

Die verklaring het dit duidelik gemaak dat die skietery glad nie ‘n rassevoorval was nie.

“Chubby Chick bevestig die verdagte het geen formele verbintenis met Chubby Chick nie en is nie ’n werknemer, oud-werknemer of kontrakteur nie. Hierdie voorval was nie rasseverwant nie, en die maatskappy veroordeel enige gerugte of bespiegelings wat andersins beweer.”

Besigheid sal soos normaal voortgaan

“Die maatskappy se sakekontinuïteitsplan het onmiddellik in werking getree, en daarom gaan die maatskappy voort met sy bedrywighede soos normaalweg terwyl die welstand van sy mense geprioritiseer word.

“Omvattende beradings- en traumadienste is aan alle werknemers en hul gesinne beskikbaar gestel. Hierdie sessies is tans aan die gang, en verdere ondersteuning sal voortgesit word waar nodig.”

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.
Back to top button