Man se liggaam in veld by begraafplaas buite Oudtshoorn gevind

Slegs 'n paar dae nadat daar op 'n jong seun se liggaam in Bongolethu afgekom is, is 'n ander man ook met verskeie meswonde gevind.

‘n 22-Jarige man se liggaam is gister ongeveer 11:45 deur ‘n lid van die publiek in ‘n oop veld by die begraafplaas buite Oudtshoorn gevind.

Suid-Kaapse polisiewoordvoerder Adjudant-Offisier Chris Spies het die voorval aan Oudtshoorn Courant bevestig.

“Oudtshoorn-polisie is ontbied na die toneel waar die man met verskeie meswonde gevind is. Paramedici op die toneel het hom dood verklaar. Die motief vir die moord is onbekend en vorm deel van die polisie se ondersoek.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die publiek word aangemoedig om met inligting na vore te kom.

Inligting kan anononiem deurgegee word na die Stop Misdaadlyn by 08600 10111.

Hierdie is die tweede moord binne ‘n week in Oudtshoorn. ‘n Moord dossier is Maandag deur Oudtshoorn-polisie geopen nadat die liggaam van jong Denzil ‘Sergo’ Boeta Prins, ook met meswonde, in Bongolethu gevind is.

‘n 14-jarige seun is intussen in hegtenis geneem vir die moord.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.oudtshoorncourant.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Back to top button