Luister en kyk: Vermiste ‘Kokkedoor’-deelnemer se kar in Mbombela gevind
'n Moontlike KI-stemboodskap en 'n buskaartjie na O.R. Tambo-lughawe het 'n nuwe wending gebring in die verdwyning van voormalige 'Kokkedoor'-deelnemer Mariana Kotze.
4 Februarie 2026 teen 14:00
’n Skermskoot uit nuwe beeldmateriaal wat aan Laevelder verskaf is, bevestig dat Kotze met haar tasse gepak in ’n LimeTime-bus by Sonpark geklim het.
Lees die opvolg hier.
4 Februarie 2026 teen 10:13
Die raaisel rondom die verdwyning van Mariana Kotze, ‘n voormalige deelnemer aan die bekende kookreeks, Kokkedoor, het ‘n dramatiese wending geneem.
Volgens Laevelder is haar motor vanoggend by Sonpark Boulevard opgespoor, wat nuwe vrae laat ontstaan oor haar beweegredes. Die eienaar van iSecure, Braam Oosthuizen, het verduidelik dat een van hulle kliënte vanoggend die motor gesien het en hulle operasionele bestuurder, Stephan Coetzee, dadelik in kennis gestel het.
Videomateriaal toon hoe Kotze met haar tasse gepak, haar motor verlaat. ‘n Buskaartjie wat deur Laevelder gesien is dui daarop dat sy moontlik op pad was na O.R. Tambo Internasionale Lughawe.
Ondersoekers vermoed dat ’n stemboodskap wat aan haar man gestuur is, moontlik deur kunsmatige intelligensie gegenereer is.
Waarskuwing: Die volgende stemboodskap mag sensitiewe lesers onstel
Indien ondersoeke bevestig dat sy by die voorvalle betrokke was, kan moontlike aanklagte bedrog, poging tot diefstal en kubermisdaad ingevolge die Kubermisdaadwet, en die verydeling van die gereg insluit.
Laevelder het haar man probeer kontak vir kommentaar, maar kon hom nie bereik teen die tyd van publikasie nie.
Die saak ontwikkel steeds.
Kyk die video:
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za