Hard newsLocal newsUpdateSensitive Content

VIDEO: Vermiste Mariana Kotze se motor in Mbombela opgespoor

Mariana Kotze se motor is vanoggend, 4 Februarie, by Sonpark Boulevard in Mbombela gevind.

Die raaisel rondom die verdwyning van Mariana Kotze, ‘n voormalige deelnemer aan die bekende kookreeks, Kokkedoor, het ‘n dramatiese wending geneem.

LEES OOK: Bekende Kokkedoor-deelnemer se verdwyning ruk gemeenskap

Haar motor is by Sonpark Boulevard opgespoor, wat nuwe vrae laat ontstaan oor haar beweegredes. Die eienaar van iSecure, Braam Oosthuizen, het verduidelik dat een van hul kliënte vanoggend die motor gesien het en hul operasionele bestuurder, Stephan Coetzer, dadelik in kennis gestel het.

Videomateriaal toon hoe Kotze met haar tasse gepak, haar motor verlaat. ‘n Buskaartjie wat deur Laevelder gesien is dui daarop dat sy moontlik op pad was na OR Tambo Internasionale Lughawe.

Ondersoekers vermoed dat ’n stemboodskap wat aan haar man gestuur is, moontlik deur kunsmatige intelligensie (KI) gegenereer is.

Luister hier (Inhoud mag sensitiewe lesers onstel) 

Indien ondersoeke bevestig dat sy by die voorvalle betrokke was, kan moontlike aanklagte bedrog, poging tot diefstal en kubermisdaad ingevolge die Kubermisdaadwet, en die verydeling van die gereg insluit.

LEES OOK: Kaapsehoop crash claims three lives

Laevelder het haar man probeer kontak vir kommentaar, maar kon hom nie bereik teen die tyd van publikasie nie.

Die saak ontwikkel steeds en nuwe inligting sal gedeel word sodra dit bevestig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button