Kyk: Chaos in Vryheid ná bielie van ‘n os loskom by slagpale

Die polisie en ’n professionele jagter is ontbied toe 'n bees in KZN amok gesaai en 'n afleweringsbestuurder van sy motorfiets afgestamp het.

’n Os wat vroeër vanoggend uit ’n abattoir in Vryheid ontsnap het, het groot opskudding in die nywerheidsgebied veroorsaak. Die dier het ’n Sixty60-afleweringsbestuurder omgestamp en infrastruktuur beskadig voordat die situasie onder beheer gebring is.

Vryheid Herald berig dat, volgens inligting wat ontvang is, die os deur die gebied gehardloop en tydens die voorval die afleweringsbestuurder raakgeloop het.

Die dier het ook reg van voor teen ’n elektriese beheerkas gebots en skade aangerig.

Besorgde gemeenskapslede het die polisie en ’n professionele jagter ontbied, wat vinnig gereageer het om die situasie te bestuur en openbare veiligheid te verseker.

Die voorval is uiteindelik onder beheer gebring.

Geen verdere besonderhede oor beserings of die omvang van die skade was teen publikasietyd beskikbaar nie.

Kyk die video:


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed
Back to top button