1 dood ná brand 4 meenthuise in Parys verswelg

Nooddienste moes jaag om die vlamme onder beheer te bring te midde van ontploffende gasbottels.

‘n Bejaarde vrou het vandag (5 Julie) haar lewe verloor nadat ‘n verwoestende brand vier meenthuise by Heldersig-woonstelle in Noorderstraat, Parys, verswelg het, berig die Parys Gazette.

Volgens Fanie Kruger van Security Master het die brand vinnig versprei.

Paramedici hardloop na die toneel om hulp te verleen. Foto: Tania Coetzee

“Vier meenthuise is deur die brand geraak, waarvan een heeltemal uitgebrand het. ‘n Bejaarde tannie wat in haar woning vasgekeer was, het ongelukkig in die brand omgekom,” het Kruger gesê.

Ngwathe Brandweer en Nooddienste, ambulansdienste, Parys-sekuriteitsmaatskappye en ander nooddienste het hulle na die toneel gehaas om die vlamme te probeer blus en die gebied te beveilig.

Terwyl die brand gewoed het, is daar gehoor hoe verskeie gasbottels ontplof en het daar ‘n dik rookwolk in die lug gehang.

‘n Dik rookwolk het in die lug gehang. Foto: Tania Coetzee

Lede van die Parys-gemeenskap het hulp verleen waar hulle kon.

“Die gemeenskap spring altyd in en staan saam wanneer daar ‘n noodsituasie is,” het Kruger gesê.

Teen 15:10 was die brand uitendelik onder beheer. Die oorsaak van die brand is tans onbekend.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.
Back to top button