Altus Theart en Zetske van Pletzen. Zetske dra 'n aandrok uit haar eie reeks. Foto: Ron Sibiya.
Dit was ‘n aand van glans toe die land se blinkste sterre gisteraand by die Staatsteater bymekaar gekom het vir die jaarlikse Fiësta toekennings.
Bouwer Bosch, Leandie du Randt, Ruan Wessels, Marijke Bezuidenhout, Milan Murray, Antoinette Louw, Nicola Hanekom, Nadia Beukes, noem maar op en dié bekendes was daar.
Zetske van Pletzen het asemrowend gelyk in ‘n swart skepping wat sy self ontwerp het en Rozanne Mckenzie het asems weggeslaan met haar groen kant-aandrok.
Heelparty bekendes het met uitrustings uit hul eie kas gespog en Bennie Fourie het selfs vertel dat sy baadjie ‘n volle R70 gekos het.
Die Fiësta toekennings is enig in sy soort en akteurs, regisseurs, skrywers, musikante en visuele kunstenaars word reeds sedert 2011 vir hul werk by die land se grootste kunstefeeste vereer.
Die wenners vir 2016:
Beste akteur
Stian Bam — In Glas (KKNK)
Beste aktrise
Tinarie van Wyk Loots — Hemelruim en In Glas (Aardklop en KKNK)
Beste manlike byspeler
Dean Smith — Die Dag is Bros (Innibos)
Beste vroulike byspeler
Greta Pietersen — Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Beste regie
Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)
Beste teaterontwerp
Nico Scheepers – Amper, Vrystaat en Die Dag is Bros (Vrystaat en Innibos)
Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie
Amanda Strydom – Amanda Strydom: Die Hele Boksemdaais (KKNK)
Beste spel in ’n solo-vertoning
Marlo Minnaar – Santa Gamka (KKNK en SOF)
Beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie
Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)
Beste prestasie in klassieke musiek
US-koor onder leiding van André van der Merwe – US-koor (Woordfees)
Beste prestasie in visuele kuns
Nathani Luneburg – As die Vlooie Byt in La La Land (KKNK)
Beste musiekgedrewe produksie
Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)
Beste aanbieding
In Glas (KKNK) – Nicola Hanekom
Blou Stoel-toekenning
Askoop (KKNK)
Gewildste fees
In die Bos
Lida Botha (teater), Ronnie Samaai (musiek) en Pieter Fourie (skryfkuns) is ook tydens die geleentheid vir hulle lewensbydraes vereer.
Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!