Lifestyle

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

Hierdie vier (eenvoudige) geheime kan jou help om moeiteloos meer gesond te lewe...

 

1 Eet stadig

Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa in Japan al jare gesond. Hulle hou op eet as hulle 80% versadig is. Die streek het die hoogste aantal mense wat oor honderd jaar oud geword het in die wêreld. Eet stadig en kou jou kos goed want dit help met die verteringsproses.

Lees ook: Slim maniere om minder sout te gebruik

2 Deel jou nagereg

As jy nie iets soet na ete kan weerstaan nie, bestel eerder een poeding vir twee (of meer) mense. As jy uiteet, kies eerder ’n meer sosiale tapas-styl maaltyd – dit plaas jou nie onder druk om jou bord leeg te eet nie.

3 Loop!

Baie sien op na oefening. Doen eerder gereelde lae-vlak oefeninge wat deel van jou leefwyse vorm. Parkeer ver van die winkels, gebruik trappe en gaan stap elke dag ’n ent. Ons is so gedrewe dat ons nie besef hoe ’n klein verandering aan ons leefstyl ’n goeie impak op ons lewens kan hê nie.

Lees ook: Oefen by die werk: Hier’s hoe

4 Kry genoeg slaap

Studies toon daar is ’n skakel tussen die slaap-gehalte en gewig. ’n Goeie nagrus reguleer die hormone wat ons honger maak. Dit beteken ’n uitgeruste liggaam is makliker om te versadig. Maak seker jy slaap tussen sewe en nege uur per nag.

Lees ook: 6 slaapprobleme, 6 oplossings

Lees ook: 7 mites oor griep

 

Die artikel 4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue het eerste in Rooi Rose verskyn.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button