Lifestyle

Impala Park se Lu-Anél skitter met nuwe CD

olgens die kunstenaar is daar 'n paar vinnge liedjies op die album, maar die snitte se lirieke is steeds sterk

Impala Park sangeres Luané-Anél van Staden (11), ook bekend as Lu-Anél, wil mense se harte aanraak en haar stempel afdruk in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf met haar nuwe album, Moedershart.

“Ek is baie opgewonde en wil my pad boontoe oop sing. Dit is die doel van die album. Die groot inspirasie agter my nuwe CD is die oorspronklike musiek wat ek nou met almal kan deel,” het die musikant gesê.

Daar is 13 snitte op die nuwe album waarvan vyf oorspronklike liedjies is.

“Sonder dat ons doelbewus daarop gefokus het, het die CD tog ‘n country gevoel. My musiek genres is steeds baie veelsydig. Daar is ‘n paar lekker vinnige liedjies, maar hul almal het sterk lirieke. Dis vir my belangrik dat musiek ‘n boodskap moet dra,” het sy vertel.

Vir die talentvolle sangeres is daar ‘n paar liedjies op haar nuwe album wat vir haar uitstaan.

“Drome is een van my nuwe liedjies wat vir my spesiaal is omdat ek glo mens moet nooit opgee op jou drome nie.

“Dan is daar The Story wat ek weer opgeneem het. Die lied is amper soos my ‘signature song’ en het my emosioneel soos terapie deur baie trauma gehelp. En ek het my eie unieke stempel daarop afgedruk.”
Op die album sing Lu-Anél ook ‘n duet saam met die musikant Ernie Bates.

Covid-19 het die vervaardiging van CD vertraag, maar Lu-Anél glo dat alles op die regte tyd gebeur omdat Moedershart betyds vir Moedersdag vrygestel word.

Lu-Anél het almal bedank wat haar ondersteun.

Moedershart is op hierdie stadium by die sangeres se vertonings te koop en sal binnekort op alle digitale platforms beskikbaar wees.

Vir meer inligting oor Lu-Anél se vertonings, kontak Anina van Staden by 083 755 7924 of aninaevanstaden@gmail.com.

Lees Ook: Rudi Claase se nuutste album verkoop soos soetkoek

Lees Ook: Gerhard Steyn beskryf die krag van liefde in nuwe enkelsnit

   

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tayla Smith

Tayla writes general news for the Boksburg Advertiser. She joined the publication in 2019 as a junior journalist and was promoted to senior journalist in 2022.

Related Articles

Back to top button