Lifestyle

Gatskop-groensap

Dis hoe groener, hoe gesonder met hierdie heerlike resep vir ‘n groensap.

 

Bestanddele

Genoeg vir 500 ml

  • 30 ml chia-saad
  • 250 ml klapperwater
  • 500 ml babaspinasie
  • ¼ groen soetrissie, ontpit
  • 1 klein komkommer, gesny
  • 2 selderystokkies, gesny
  • handjievol pietersielie
  • handjievol vinkel
  • handjievol ys
  • sout en swartpeper

Metode

  1. Meng die chia-saad en klapperwater in ’n beker en hou eenkant.
  2. Verwerk die klapperwater, babaspinasie, soetrissie, komkommer, seldery, pietersielie, vinkel en ys in ’n voedselverwerker tot glad en geur met sout en peper.

 

Die artikel Gatskop-groensap het eerste in Rooi Rose verskyn.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button