2 weke lange soektog na vermiste eMalahleni-ouditeur eindig tragies

Garrett Badenhorst se familie het ná ’n uitmergelende soektog bevestiging gekry dat sy liggaam in ’n lykshuis in Mosselbaai in die Wes-Kaap gevind is.

Twee weke ná ’n grootskaalse soektog van stapel gestuur is na ’n 49-jarige man van eMalahleni wat in Mosselbaai vermis geraak het, is sy liggaam in ’n lykshuis gevind, berig Witbank News.

Garrett Badenhorst se ma, Monica, het bevestig dat hy gister (27 November) formeel geïdentifiseer is. Sy is ingelig dat haar seun glo deur ’n voertuig omgery is.

“Dit is so verskriklik seer. Elke asemteug is ’n vraag aan God – hoekom?” het Monica tussendeur rou snikke gesê,

Garrett het in eMalahleni grootgeword, waar hy Laerskool Tasbetpark bygewoon het en later sy hoërskoolloopbaan aand die Hoërskool Patriot voltooi het. Hy het homself as ’n ouditeur bekwaam en van die huis af gewerk.

“My kind was ontsettend slim en het syfers verstaan. Ná sy egskeiding het alles egter [in sy lewe] verkeerd geloop,” het Monica vertel.

“Hy het eendag by my gesit en gesê hy kan nie die pyn in sy hart in woorde omsit nie – dis so seer dat die water net uit sy oë loop.”

Ná sy egskeiding het Garret aanvanklik by sy ouers in die Silwerfleur-aftreeoord in Ga-Nala (voorheen Kriel) gewoon, maar het ’n paar weke gelede besluit om ’n padreis na die  ‘Hole in the Wall’ in Transkei te onderneem.

“Hy het elke aand gebel, maar die afgelope twee weke het ons niks van hom gehoor nie. Ek het oral probeer uitreik. Toe bel iemand van die lykshuis my om te sê hulle dink Garrett is daar.”

Hy word deur drie kinders oorleef.  

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button