3 Vrystaters sterf toe bakkie in Vaalrivier beland

Reddingswerkers het vir ure gespook om die voertuig uit die rivier te haal, en al die insittendes is op die toneel dood verklaar.

Polisielede, reddingswekers en Prinsloo Recovery het gister net voor 14:00 daarin geslaag om ‘n bakkie uit die Vaalrivier te haal, nadat dié voertuig in die vroeë oggendure net buite Oranjeville van ‘n brug afgery en in die rivier beland het.

Die drie insittendes is van Harrismith in die Vrystaat, en het huiswaarts gekeer ná ‘n sokkerwedstryd. Hulle het van Frankfort in die rigting van Oranjeville gery toe die ongeluk om ongeveer 01:00 plaasgevind het.

Die foto is geneem nadat Prinsloo Recovery die bakkie uit die water gehaal het.

Polisieduikers van Bloemfontein en Welkom asook die polisie se K9- en Soek- en reddingseenhede van Sasolburg en Welkom is na die toneel ontbied waar daar vir ure gesukkel is om die voertuig uit die water te kry.

Die insittendes van die voertuig is op die toneel dood verklaar.

Hulle identiteite kan nog nie bekend gemaak word nie.

Die brug buite Oranjeville waar drie mense gesterf het nadat die bakkie waarmee hullle gery het in die Vaalrivier beland het.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ally Cooper

Passionate storyteller with over 30 years’ experience as a journalist, editor, proofreader, content creator, social media manager and public relations and media liaison specialist.
Back to top button