4 dood nadat boot in Vaalrivier omslaan
Ses van die mense is op die toneel behandel maar wou nie hospitaal toe gaan nie.
Die noodreaksiespan Community Emergence Response Team (CERT SA) sê vier mense is dood nadat ‘n boot gistermiddag op die Vaalrivier by Drie Riviere omgeslaan het.
Die noodoproep is omstreeks 16:50 ontvang dat ‘n motorboot met ‘n geskatte 10 mense op in ‘n ongeluk was.
Vier van die insittendes het verdrink en is op die toneel dood verklaar.
CERT SA sê dat ses ander pasiënte op die toneel behandel het maar dat hulle vervoer na ‘n hospitaal van die hand gewys het.
Read original story on vaalweekblad.com
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!