7de Laan kom ná 23 jaar tot ‘n einde
Dié instelling op SABC 2 het kykers vir jare op weeksaande vermaak met drama, liefde, skinderstories en pret.
Die gewilde sepie 7de Laan eindig finaal in Desember vanjaar ná 23 jaar en altesaam 24 seisoene op SABC 2.
Die nuus is vandag deur dié televisiekanaal en Danie Odendaal Productions bekend gemaak.
“Die breinkind van Danie Odendaal, 7de Laan, het op 4 April 2000 sy debut gemaak. Daarmee is geliefde karakters soos Oubaas, Hilda, Charmaine, Aggie, Emma en die Meintjies-familie geskep,” lui ‘n verklaring wat deur SABC 2 uitgereik is.
With a heavy heart, we bring you the sad news of the SABC’s decision to conclude the beloved soapie, 7de Laan, after Season 24 – the final episode being the 26th of December 2023.
We are eternally grateful for each and every one of you and for being on this journey with us.💙 pic.twitter.com/T8pTyFYIS2
— 7de Laan (@Real7deLaan) July 17, 2023
Lala Tuku, hoof van inhoud vir video-vermaak by die SAUK, sê die uitsaaier is trots daarop om saam met Danie Odendaal Productions te gewerk het en om deel te gewees het van die reis om die ‘beste Afrikaanse sepie op plaaslike televisie’ te vervaardig.
“7de Laan het die harte van miljoene Suid-Afrikaners binnegedring. Met ikoniese karakters oor die jare wat steeds ‘n plek het in kykers se harte, kragtige storielyne wat geskryf is deur ‘n talentvolle skryfspan en wat die gehoor se aandag gehou het met relevante onderwerpe.”
Thandi Ramathesele, uitvoerende vervaardiger van 7de Laan, sê dit was ‘n eer en ‘n voorreg om ‘n program te vervaardig wat die lewens van soveel Suid-Afrikaners geraak het oor die afgelope twee dekades.
“Soos ons aan die einde van hierdie hoofstuk kom, bedank ons die toegewyde rolverdeling en span wie hul talent en passie bestee het om hierdie program aan die lewe te bring.
“Dit is bittersoet om totsiens te sê, maar ons is trots oor die impak wat 7de Laan gehad het op ons samelewing deur belangrike maatskaplike kwessies aan te spreek en inklusiwiteit te bevorder. Die program het sy merk gelos op Suid-Afrikaanse televisie.”
Talle het hul teleurstelling met dié nuus op sosiale media gedeel:
I watched 7de Laan as a fully dedicated viewer from some point in primary school to about my second or third year of varsity (the lag after matric ended was because by that point, you’re deep into the story)💀
RIP an institution, I wouldn’t have passed afrikaans FAL without it
— su (@SuvaniaS) July 17, 2023
I thought I’d be dead long before 7de Laan decided to end. Yorh this is craaaazzzyyyy
— hunter frost⋆ (@ThatOnePoes) July 17, 2023
Generations should have been the one getting canceled, not #7delaan. 7 de laan had the best story lines that didn’t drag forever. We laughed and cried and danced along with the show. pic.twitter.com/jMUEhURqfw
— 🌻Aya🌻 (@Yaya_McPlaat) July 17, 2023
What a massive loss to our society. Truly. I don’t think there will ever be another show on SA television that was as multicultural as 7deLaan. https://t.co/qlSuMEnj3x
— Brent Martheze (@brentmartheze) July 17, 2023
Read original story on www.citizen.co.za