8-jarige van Vrystaat glo vermoor oor sy perskes pluk

’n 16-jarige seun van Welkom sal vandag in die hof verskyn nadat die lyk van ‘n agtjarige meisie in ’n houer in ’n hut in Senekal gevind is.

‘n Minderjarige seun van Welkom sal Maandag op ‘n klag van moord in die hof verskyn, na die dood van die 8-jarige Naledi Ramaisa, wie se lyk verlede week in ‘n 1 000 liter houer in ‘n hut in Senekal gekry is.

Naledi is op 15 Januarie as vermis aangemeld, en is haar liggaam enkele meters van die huis waar sy die laaste keer gesien is, in die Tambo-woonbuurt in Matwabeng, Senekal gekry, het polisiewoordvoerder Sinah Mpakane gesê.

Parys Gazette berig Naledi se tannie het haar Donderdagoggend by die huis gelos toe sy gaan werk het. Toe die tannie later by die huis kom was Naledi weg.

Haar liggaam is in ‘n hut net langsaan die huis van Naledi se tannie gekry nadat die polisie onraad vermoed het en die hut deursoek het. Mpakane sê daar is vasgestel dat die eienaar van die hut in Welkom bly en dit in die sorg van haar 16-jarige nefie gelos het.

Die polisie het die seun by die skool gekry en het volgens Mpakane erken dat hy die oorledene met ‘n klip geslaan  het toe sy perskes in ‘n boom gepluk het. Mpakane sê volgens die seun het hy die bewustelose meisie in die hut ingesleep en toe in die houer geplaas.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button