Badplaas boer vind nuwe liefde ná Boer Soek ‘n Vrou

Alhoewel Willie Vos se verhouding met sy finale keuse op die kassie nie uitgewerk het nie, blom die liefde wel vir hom.

Willie Vos, ’n macadamia- en wildsboer wat aan vanjaar se 17de seisoen van Boer Soek ’n Vrou deelgeneem het, het ’n spesiale onderhoud met Laevelder gehad waarin hy van sy ervarings op die program vertel het en ook dat daar ’n nuwe liefde op die horison is.

“Sy is van Nelspruit en ons het na die verfilming van die reeks mekaar deur gemeenskaplike vriende ontmoet,” het Vos opgewonde gedeel.

Die kykers moes lank wag om die boer ná die laaste episode te vra of hy en sy finale keuse, Cilmari Geldenhuys nog bymekaar is.

Woman with long dark hair standing next to a horse
Cilmari Geldenhuys. Foto: Facebook

Vos het gesê dat hulle twee maande na die verfilming van die reeks, nog probeer het om die verhouding ’n kans te gee, maar het eerder besluit om net vriende te bly.

Cilmari is ’n baie aangename meisie en sal eendag iemand baie gelukkig maak.

Hy het gevoel het hulle verhouding nie op die langtermyn sou uitwerk nie.

“Ek is glad nie spyt dat ek vir die program ingeskryf het nie en is dankbaar vir die vriendskappe wat ek tydens die reeks gemaak het.”

Hy, Pieter Theron, en Rudi Halgryn, albei boere van die Noord-Kaap, het goeie vriende geword.

Hy het laggend vertel hoe hulle drie tydens die eerste episodes in die Kaap, een dag saam na die Proteas gaan kyk het, terwyl die ander boere hulle blitsafspraak-episodes geskiet het.

Ek gaan vir seker Pieter na my troue toe nooi en hy my ook na syne.

Vos sê dat hy hom nie aan die kykers se kommentaar steur nie en dat hy net homself probeer wees het.

“Dit is maar ongemaklik voor die kameras,” het hy erken.

Willie Vos. Foto: Verskaf/KykNET

Hy moedig steeds boere aan om in te skryf en om ’n kans op die liefde te waag.

Jy mag dalk net so gelukkig wees soos boer Pieter was sy pot se deksel gevind het.

Geldenhuys het ook op haar Facebook-blad haar ervaring gedeel:

As ek name begin noem om vir almal dankie te sê, gaan dit ure vat, maar ek moet darem een mens uitsonder, dankie Willie dat jy gekies het dat ons saam hierdie seisoen kon aanpak.

“Wat ‘n belewenis, wat ’n leerskool en wat ’n geleentheid om pragtige mense te ontmoet!”

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button