Local news

Badplaas boer vind nuwe liefde ná Boer Soek ‘n Vrou

Vos het saam met twee ander boere dié dag uitgegaan om na die Proteas in die Kaap te gaan kyk.

Willie Vos, ’n macadamia- en wildsboer wat aan vanjaar se 17de seisoen van Boer Soek ’n Vrou deelgeneem het, het ’n spesiale onderhoud met Laevelder gehad waarin hy van sy ervarings op die program vertel het en ook dat daar ’n nuwe liefde op die horison is.

Willie en sy nuwe meisie. Hulle het versoek dat Laevelder haar naam anoniem hou. > Foto: Verskaf/Willie Vos
Willie en sy nuwe meisie. Hulle het versoek dat Laevelder haar naam anoniem hou. > Foto: Verskaf/Willie Vos

“Sy is van Nelspruit en ons het na die verfilming van die reeks mekaar deur gemeenskaplike vriende ontmoet,” het Vos opgewonde gedeel.

Die kykers moes lank wag om die boer ná die laaste episode te vra of hy en sy finale keuse, Cilmari Geldenhuys nog bymekaar is.

LEES OOK: Watervalrivier-boere gemaan om waaksaam te wees ná plaasaanval

Vos het gesê dat hulle twee maande na die verfilming van die reeks, nog probeer het om die verhouding ’n kans te gee, maar het eerder besluit om net vriende te bly.

“Cilmari is ’n baie aangename meisie en sal eendag iemand baie gelukkig maak,” het Vos gesê. Hy het gevoel het hulle verhouding nie op die langtermyn sou uitwerk nie.

“Ek is glad nie spyt dat ek vir die program ingeskryf het nie en is dankbaar vir die vriendskappe wat ek tydens die reeks gemaak het.” Hy, Pieter Theron, en Rudi Halgryn, albei boere van die Noord-Kaap, het goeie vriende geword. Hy het laggend vertel hoe hulle drie tydens die eerste episodes in die Kaap, een dag saam na die Proteas gaan kyk het, terwyl die ander boere hulle blitsafspraak-episodes geskiet het.

LEES OOK: Laeveld-boere moer en koer op die kassie

“Ek gaan vir seker Pieter na my troue toe nooi en hy my ook na syne,” Hy het bygevoeg dat hy hom nie aan die kykers se kommentaar steur nie en dat hy net homself probeer wees het. “Dit is maar ongemaklik voor die kameras,” het hy erken.

Hy moedig steeds boere aan om in te skryf en om ’n kans op die liefde te waag.

“Jy mag dalk net so gelukkig wees soos boer Pieter was sy pot se deksel gevind het.”

Geldenhuys het ook op haar Facebook-blad haar ervaring gedeel.

Cilmari Geldenhuys. > Foto: Facebook
Cilmari Geldenhuys. > Foto: Facebook

“As ek name begin noem om vir almal dankie te sê, gaan dit ure vat, maar ek moet darem een mens uitsonder, dankie Willie dat jy gekies het dat ons saam hierdie seisoen kon aanpak. Wat ‘n belewenis, wat ’n leerskool en wat ’n geleentheid om pragtige mense te ontmoet!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button