Bejaarde Pretoria inwoner skiet 2 aanvallers in huis dood

'n 80-jarige Sinoville-inwoner het gisteroggend twee aanvallers in sy huis doodgeskiet nadat hulle hom aangerand het.

‘n 80-Jarige inwoner van Sinoville, in die noorde van Pretoria, het gister terug baklei toe hy in sy huis deur twee aanvallers aangeval en aangerand is.

Die bejaarde man het die twee aanvallers dood geskiet.

Volgens polisiewoordvoerder Adjudant-Offisier Johan van Dyk, toon die voorlopige inligting dat die bejaarde man en sy dogter kort voor 06:00 saam in die huis in Magalieskruin besig was om groente en vrugte voor te berei.

Hulle verkoop dié groente en vrugte by ‘n mark.

Sy dogter het gery en haar pa het haar buite afgesien. Daar word vermoed dat in die tyd was dat die mans by die huis ingeglip het.

Van Dyk sê die bejaarde het sy honde gehoor blaf en grom en sy vuurwapen gaan haal voor hy die erf en die huis deursoek het.

Dis toe dat hy ‘n vreemde man in een van die kamers betrap het.

Die aanvaller het glo op die bejaarde man afgestorm en sy vuurwapen probeer afneem. Die bejaarde het twee skote afgevuur en die aanvaller getref.

‘n Tweede aanvaller het skielik van agter die bed verskyn en die bejaarde man ook aangeval.

Daar was ‘n struweling en nog ‘n skoot is afgevuur en die aanvaller is getref.

Van Dyk sê die polisie is ontbied en ‘n saak van huisroof sowel as ‘n geregtelike ondersoek is geopen.

Die bejaarde man het kopbeserings opgedoen tydens die aanval en is na ‘n mediese sentrum toe vir behandeling.

Read original story on www.citizen.co.za

Back to top button