Bejaarde vrou van Parys glo deur tuinhulp aangeval
'n Man wat in die 83-jarige vrou se tuin gewerk het word tans deur polisie gesoek in verband met die voorval.
‘n Bejaarde vrou van 83 jaar oud is gisteroggend in haar huis in Parys aangeval en beroof, glo deur ‘n tuinhulp.
Volgens plaaslike polisiewoordvoerder Kaptein Lorraine Earle het die vrou die man vanoggend in haar erf ingelaat om vir hom werk te gee. Sy het haarself in die huis toegesluit terwyl hy in die tuin gewerk het.
Om ongeveer 10:00 het die man gevra vir toiletpapier, en sy het oopgesluit om dit vir hom te gee.
Die man het haar toe oorval en aangerand. Sy is nie ernstig beseer nie.
Die verdagte het te voet gevlug met geld en die slagoffer se selfoon.
Hy is klein van postuur en het ‘n bruin baadjie aangehad met ‘n langbroek en netjiese skoene.
Enigeen met inligting wat die polisie kan help in hulle ondersoek word gevra om die speurhoof, Kaptein Gert Bruwer, te skakel by 082 466 8090. Alternatiewelik kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 geskakel word.
Read original story on www.citizen.co.za