Local newsNews

Bejaarde vrou deur tuinhulp aangeval

Die polisie soek steeds na die verdagte

‘n Bejaarde vrou van 83 is vanoggend, Dinsdag 16 April, in haar huis in Parys deur ‘n tuinhulp aangeval en beroof.

Volgens polisiewoordvoerder kapt Lorraine Earle het die vrou die man vanoggend in haar erf ingelaat om vir hom werk te gee. Sy het haarself in die huis toegesluit terwyl hy in die tuin gewerk het.

Om ongeveer 10:00 het die man gevra vir toiletpapier, en het sy oopgesluit om dit vir hom te gee.

Die man het haar toe oorval en aangerand. Sy is  nie ernstig beseer nie.

Die verdagte het te voet gevlug met geld en die slagoffer se selfoon.

Hy is klein van postuur en het ‘n bruin baadjie aangehad met ‘n langbroek en netjiese skoene.

Enigeen met inligting wat die polisie kan help in hul ondersoek, is gevra om die speurhoof, kapt. Gert Bruwer te skakel by 082 466 8090, of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button