Bokke dra wedstryd op aan Liefling van Loftus
Derick Houghaard het in 2015 laas vir die Bokke uitgehardloop en as 20-jarige speler die eerste keer die groen trui oor sy kop getrek.
Die Springbokke gaan vandag se wedstryd in die Rugby Kampioenskappe aan Derick Hougaard opdra. Hougaard wat ook bekend staan as die ‘Liefling van Loftus’, sterk tans tuis aan en sy suurstofvlakke is besig om te normaliseer.
So sê ’n verteenwoordiger van sanger Nádine se kantoor.
Hougaard het in 2015 die laaste keer vir die Bokke uitgedraf.
Hy was met aspirasie longontsteking gediagnoseer nadat Nádine hom op 10 Junie bewusteloos in sy huis gevind het.
Met die siekte beland maaginhoud in die longe en kan dit ontsteking veroorsaak.
Hy het na 13 dae in die Steve Biko Akademiese Hospitaal uit ’n koma wakker geword en sterk sedert verlede Vrydag van die huis af aan.
Nádine sê hy is nog op talle middels om sy die toestand van sy longe te verbeter en kry ook fisioterapie om hom sterker te maak.
“Die Vader is so goed vir hom. Derick is dankbaar om weer by die huis te wees! Ek ook! Hy is swak, maer en moeg, maar die champ wat kon skop soos min, sal weer sterker word.”
Read original story on rekord.co.za