Buurman verkrag glo 11-jarige op sitkamerbank in Mosselbaai

Die slagoffer se pa het die man na bewering op heterdaad betrap toe hy by sy huis opdaag.

‘n Man (37) wat na bewering betrap is toe hy ‘n 11-jarige meisie op ’n sitkamerbank verkag het, is gearresteer nadat die polisie per toeval ‘n klagte by ‘n ander woning naby die voorval bygewoon het.

Volgens inligting het die slagoffer se pa Saterdag 24 Augustus kort na middernag by die huis ingestap en die verdagte, ‘n buurman, op heterdaad saam met sy dogter betrap.

Hy het die man in die huis toegesluit en kon die polisie ontbied, wat op daardie stadium ‘n ander klagte in die omgewing bygewoon het.

Die man is op die toneel in hegtenis geneem.

Hy sou na verwagting vandag sy eerste verskyning op aanklag van verkragting in die hof maak.

Read original story on www.mosselbayadvertiser.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button