Chaos breek uit in Potchefstroom ná ontvoering, aanranding en moord
'n Man is dood en twee beseer nadat dié drie, wat van 'n moord beskuldig word, ontvoer en aangerand is.
Chaos het gister by ‘die ‘n taxistaanplek in Potchefstroom uitgebreek nadat drie mans uit Ikageng ontvoer is.
Volgens Potchefstroom Herald, was dié drie glo betrokke by die dood van ‘n man wie se liggaam gisteroggend by die ingang van Sarafina naby die N12 gevind is.
Plaaslike polisiewoordvoerder Brigadier Sabata Mokgwabone sê die SAPD in die provinsie kan bevestig dat die Ikageng-polisie ‘n saak van moord ondersoek nadat die liggaam van ‘n 50-jarige man met ‘n steekwond gevind is.
“Ná die voorval is drie, ongeïdentifiseerde mans, uit Ikageng ontvoer en na die Potchefstroom-taxistaanplek geneem waar hulle na bewering aangerand is. Volgens inligting is een van die mans dood terwyl die ander twee hospitaal toe geneem is vir mediese behandeling. Ondersoeke na die voorvalle is aan die gang en geen arrestasies is nog gemaak nie,” het Mokgwabone verduidelik.
Christiaan Haefele van Mooirivier Beskerming het bevestig verskeie voertuie, insluitend ambulanse, is tydens die insident beskading, maar kon nie verdere inligting rondom die insident gee nie.
Die situasie by die taxistaanplek het gekalmeer.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za