Local newsNewsNews

Ontvoering, aanranding en moord – Chaos breek by taxistaanplek uit

Die situasie is tans onder beheer en die middestad het gekalmeer.

Chaos het 8 Oktober by die taxistaanplek in Potchefstroom uitgebreek nadat drie mans uit Ikageng ontvoer is. Die drie was glo betrokke by die dood van ‘n man wie se liggaam Woensdagoggend by die ingang van Sarafina naby die N12-pad gevind is.

Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die provinsie kan bevestig dat die Ikageng-polisie ‘n saak van moord ondersoek nadat die liggaam van ‘n 50-jarige man Woensdagoggend, 8 Oktober, met ‘n steekwond by die ingang van Sarafina naby die N12-pad gevind is.

“Na die voorval is drie, ongeidentifiseerde mans, uit Ikageng ontvoer en na die Potchefstroom-taxistaanplek geneem waar hulle na bewering aangerand is. Volgens inligting is een van die mans dood terwyl die ander twee hospitaal toe geneem is vir mediese behandeling. Ondersoeke na die voorvalle is aan die gang en geen arrestasies is nog gemaak nie,” het Mokgwabone verduidelik

Christiaan Haefele van Mooirivier beskerming het bevestig verskeie voertuie, insluitend ambulanse, is tydens die insident beskading, maar kon nie verdere inligting rondom die insident gee nie.

Die situasie het by die taxistaanplek het gekalmeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button