Geliefde Lydenburg-onderwyseres moet weer leer loop ná glykabelongeluk

'n Mpumalanga-onderwyseres se lewe het op Kersdag drasties verander ná 'n glykabelongeluk.

Wat as ‘n gewone ontspanningsaktiwiteit begin het, het vinnig ‘n diep keerpunt geword vir ‘n onderwyseres van Lydenburg in Mpumalanga toe sy tydens ‘n glykabelongeluk beide haar bene gebreek het.

Anje Grobler, ‘n geliefde onderwyseres van Hoërskool Lydenburg, se lewe en dié van haar gesin het op Kersdag verlede jaar skielik verander ná haar val van die glykabel, berig die Laevelder.

Na wat verneem word het sy haar linkerbeen op drie plekke gebreek en ook ‘n breuk aan haar regtervoet opgedoen. Sy herstel tans in Busamed Privaat Hospitaal in Mbombela ná haar ontslag uit Mediclinic.

Om weer te leer loop

Sedert die ongeluk het Grobler reeds nagenoeg 12 operasies ondergaan om haar breuke te rekonstrueer, en daar kan moontlik nog prosedures volg.

Na 36 dae in die hospitaal moet sy nou weer leer loop.

Hoërskool Lydenburg het Dinsdag (27 Januarie) op Facebook bevestig dat die ongeluk plaasgevind het en Grobler se toestand beskryf.

Volgens die inskrywing is sy onder intensiewe mediese sorg.

Herstelpad lank en uitdagend

“Sy het al verskeie operasies ondergaan, met nog prosedures wat moontlik voorlê. Die herstelpad is lank en uitdagend, en alles word tans gedoen om infeksie onder beheer te kry sodat verdere behandeling kan voortgaan,” het die skool verduidelik.

Hulle beskryf Grobler as ongelooflik dapper en sterk tydens hierdie groot uitdaging.

Sy is ‘n kosbare deel van ons skool, en ons sien daarna uit om haar weer gesond en sterk terug te verwelkom wanneer die tyd reg is.

Steelburger/Lydenburg Nuus het probeer om Grobler in Busamed te kontak, maar sy kon nie bereik word nie.

Daar is berig dat sy Dinsdag weer ‘n operasie ondergaan het. Intussen stroom boodskappe van familie, vriende, kollegas en leerders van die skool in met wense vir beterskap.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Back to top button