George kindermoord: Ma en kêrel doen aansoek om borg

Daar word beweer dat hulle ‘n nege-jarige seun met ‘n sambok dood geslaan het.

Die ma en haar kêrel van Pacaltsdorp, George in die Wes Kaap wat beskuldig word van Juwayne Domingo (9) se moord, het gister, 10 Augustus weer in die George-landdroshof verskyn.

Die saak is op 3 Augustus uitgestel om voort te gaan met Chantelle Domingo (32), Juwayne se ma, se borgtogaansoek.

Haar kêrel en medebeskuldigde, Ray Morgan Cronjé (32), het aanvanklik nie aansoek gedoen vir borgtog nie. Hy het egter tussen van besluit verander en die saak is uitgestel tot 31 Augustus wanneer ie dborgtogaansoekke vir beide beskuldigdes sal voortgaan.

Die staat staan borg teen, omdat die paartjie van moord met ‘n gemene doel, ‘n skedule ses oortreding, beskuldig word.

Albei beskuldigdes word deur Legal Aid SA verteenwoordig.

Die Pacaltsdorp-gemeenskap het ‘n petisie teen Domingo se borgtog by die hof ingedien.

Die twee beskuldigdes is op Saterdag 13 Mei in hegtenis geneem ná Juwayne glo met ‘n sambok doodgeslaan is. Hy is na bewering ook verskeie kere hard neergegooi.

Die polisie het die twee in hegtenis geneem nadat hulle na die toneel in Jakarandastraat in Pacaltsdorp uitgeroep is. Juwayne was reeds in ‘n ambulans toe die polisie op die toneel aankom. Die kind het veelvuldige kneusplekke oor sy lyf, kop en bene gehad.

Paramedici het die seun op die toneel dood verklaar.

 

Read original story on www.georgeherald.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button