G’n aardbewing by Kangogrotte soos stemnota beweer

Sosiale media gebruikers gons ná 'n stemnota laat glo dat mense in dié grotte naby Oudtshoorn vasgevang is.

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit het na afloop van gerugte dat daar ‘n aardbewing by die Kangogrotte was ‘n dringende verklaring uitgereik om inwoners in te lig dat die gerugte vals is.

Volgens Hannes Visser, die woordvoerder van die burgemeester se kantoor, verwys die stemboodskap na ‘n noodoefening.

“Daar was geen aardbewing by die grotte nie, daar is geen mense vasgekeer nie. Die boodskap was deel van die oefening wat deur ‘n lid van die span aan die groep gestuur is.

“Dit is nie duidelik hoe die boodskap buite die groep by die publiek beland het nie. Moet asseblief nie die boodskap aanstuur nie.”

Read original story on www.oudtshoorncourant.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button