Groblersdal-betoging: Oudburgemeester en kie weer vlugtig in hof

Dries Olivier, Francois van der Merwe, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels en Willem Petzer se saak is weer uitgestel.

Die oud-burgemeester van Groblersdal, Dries Olivier, en vier ander beskuldigdes het gister vlugtig in die Groblersdal-landdroshof verskyn.

Francois van der Merwe, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels, Olivier en Willem Petzer het verskyn op ’n klag van opsweping tot openbare geweld.

Piet Groenewald en Stephan Greeff het die betrokke dag verskyn op klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Die mans het Groenewald en Greeff buite die hof gaan ondersteun, maar Van der Merwe is gearresteer nadat hulle by die hof wou gaan betoog.

Die ander het hulself dae later aan die polisie oorhandig.

Die vyfstuks se saak is uitgestel na 28 Augustus vir die besluitneming van die Nasionale Vervolgingsgesag of die saak sou voortgaan vir verhoor of laat vaar word. Dít nadat die saak reeds voorheen vir hierdie rede uitgestel is na gister.

Petzer het kort ná hul verskyning op sy Facebook-blad die volgende geskryf: “Die staatsaanklaer was na sy eie bewering die afgelope twee maande sedert die vorige verskyning te siek om enigsins na die saak te kyk. Ons is maar moedeloos.”

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button