Ivermektien: Laat ons dit kontroleer, pleit dokters

Al hoe meer dokters vra dat hulle die toediening van Ivermektien kontroleer, voor iemand benadeel word. Duisende Suid-Afrikaners koop die middel tans ongereguleerd aan en in meeste gevalle kry hul oordosisse. Izak du Plessis het met twee kenners gesels oor die gebruik van Ivermektien.

Al hoe meer Suid-Afrikaanse dokters vra dat hulle die toediening van Ivermektien kontroleer voordat iemand iets oorkom.

Derduisende Suid-Afrikaners oorval tans koöperasies en veeartse vir die middel omdat dit glo help om Covid-19 te voorkom en genees.

Die middel maak ook in die res van die wêreld opslae. In België, Amerika en Brittanje word dit ook tans bespreek.

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) verbied egter die middel vir menslike gebruik. Daar is lande wat dit wel vir sekere toestande goedgekeur het, mits dit deur ’n mediese dokter voorgeskryf word.
Wêreldwyd begin dokters egter reken dat die middel ’n bewese geskiedenis het dat dit veilig is vir menslike gebruik. Maar dokters en aptekers sukkel om die owerhede te oortuig hiervan.

Die probleem is dat daar te min amptelike data beskikbaar is. Sahpra het intussen laat weet dat hy voorgestelde studies hieroor sal goedkeur. Die tyd is egter te min hiervoor sê dr. Adi-Mari Schoeman van Patensie in die Oos-Kaap:

 

Dr. Dirk Koekemoer van Pretoria meen ook dat dokters eerder die verskaffing van die middel reguleer in die stryd teen Covid-19. Volgens Koekemoer kry die meeste mense oordosisse en stel hulself aan groot risiko’s bloot.

 

Intussen het dit aan die lig gekom dat Ivermektien wel vir menslike gebruik in Suid-Afrika geregistreer is.

Die Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra), het Woensdag bevestig dat Ivermektien as ’n bylae 3-medisyne in Suid-Afrika geregistreer is.

 

*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

 

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19.

Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei.

Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Read original story on rekordeast.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Back to top button