Belfast-bejaarde vermoor: Kleinseun kom op toneel af

'n Egpaar is glo laat gistermiddag in hulle huis oorval en van waardevolle items geroof. Hulle kleinseun het vanoggend op hulle afgekom.

‘n Bejaarde man wat by sy huis in McDonaldstraat in Belfast aangeval is, is oorlede, en sy moordenaars gesoek.

Sy vrou was ten tye van die aanval ook by die huis en die egpaar se kleinseun het vanoggend op sy grootouers afgekom.

Hy het kort daarna ’n noodroep uitgestuur waarin hy gevra het dat die polisie en ambulansdienste na hulle huis gestuur moes word. Die bejaarde vrou is ook ernstig beseer en is hospitaal toe geneem.

Die aanvallers het die hele huis omgekeer vir waardevolle items en ook met die egpaar se voertuig gevlug, maar dié voertuig is reeds in die Belfast-omgewing gevind.

Die aanvallers is glo twee ‘jong, klein geboude mans’.

Daar is verneem dat hulle toegang tot die egpaar se huis verkry het deur die stoepvenster by die agterdeur uit te haal.

Die bejaarde man se liggaam was nog in sy stoel in die kombuis, waar hy aan sy beserings beswyk het. Die vrou is vasgemaak en ook aangerand.

Dit blyk dat die voorval laat gisteraand plaasgevind het.

Die slagoffers se name is nog nie bekendgemaak nie.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button