Kinders moet beter beskerm word, sê maatskaplike werkers

Die onlangse G20-beraad het leiers oortuig van die dringende noodsaaklikheid om kinders en kwesbare groepe teen mishandeling te beskerm.

Die Centurion Maatskaplike Forum, ’n sub-forum van die Centurion Gemeenskapsforum, sê dat Suid-Afrika se kinderbeskermingsmeganismes nie aan die internasionale standaard voldoen nie.

Die forum het tydens ’n byeenkoms wat saam met die onlangse G20-beraad saamgeval het, daarop aangedring dat G20-leiers hul diplomatieke invloed gebruik om verandering te bevorder, berig Pretoria Rekord.

Hiertydens het maatskaplike werkers in Centurion op vroeër vandeesmaand ’n verenigde front gevorm en pers gedra om by ’n landswye program vir die bekamping van geslagsgeweld aan te sluit en gevra dat die register verbeter.

Volgens dr. Leandie Bräsler, koördineerder van die forum, skep geslagsgebaseerde geweld en kindermishandeling ’n kettingreaksie van probleme.

“Kinders mis dikwels skool, ervaar akademiese agterstand en word kwesbaar vir werkloosheid en verdere geweld,” sê sy.

Sy beklemtoon dat ’n swak Nasionale Kinderbeskermingsregister oortreders toelaat om deur die stelsel te glip, wat kinders in gevaar stel.

Die forum sê dat die register dringend gemoderniseer moet word en konsekwent bygewerk moet word.

Toegang moet beskikbaar wees vir skole, kerke, hof- en regeringsinstellings, sodat skuldig bevinde oortreders onmiddellik geïdentifiseer en beskermingsmaatreëls toegepas kan word.

“Sonder ’n betroubare register kan gemeenskappe nie vroue, kinders en kwesbares beskerm nie,” sluit Bräsler af.

Die forum doen ook ’n beroep op plaaslike gemeenskapsinstellings en die publiek om deel te neem deur bewustheid, veldtogte en donasies te ondersteun.

“Samewerking tussen internasionale en plaaslike rolspelers is die sleutel tot ’n toekoms waarin kinders veilig is, vroue beskerm word en kwesbare groepe nie langer slagoffers van geweld hoef te wees nie.”

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button