Kleuter een van 3 wat sterf in nóg ‘n noodlottige ongeluk in Mpumalanga

In die derde noodlottige ongeluk in Mpumalanga oor die Paasnaweek, het drie mense gesterf, waaronder 'n kleuter.

Drie mense, waaronder ‘n kleuter, het gisteraand gesterf in ‘n ongeluk tussen ‘n trok en voertuig by die Broodsnyersplaas T-aansluiting op die Bethalpad buite Middelburg in Mpumalanga.

Middelburg Observer berig dat, na wat verneem word, die ongeluk omstreeks 19:00 gebeur het.

Drie persone, wat die kleuter insluit, het op die toneel gesterf en drie met ernstige beserings is hospitaal toe geneem. Die toneel was teen 22:30 opgeruim.

Dit is die derde noodlottige ongeluk sedert Donderdag op die paaie in die Middelburg- en Belfastomgewing.

Donderdagmiddag het vyf mense gesterf in ‘n ongeluk op die N4 by Berg-en-Dal, net buite Belfast. ‘n Sesde persoon het ure later aan ernstige beserings beswyk.

Die verkeer het vir ure stilgestaan terwyl die toneel opgeruim is.

Gisteroggend is twee mense dood en 13 beseer in nog ‘n ongeluk op die N4, sowat 2km vanaf die Middelburgdam. ‘n Taxi het die pad verlaat en teen die skuinste afgerol.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button