Kyk: 3 in hegtenis ná vuiste klap tussen insleepdienste in eMalahleni

Klagte van aanranding en die onwettige rig van 'n vuurwapen is teen drie mense oopgemaak ná 'n voorval in Klipfontein.

Drie mense is in hegtenis geneem nadat humeure gister vlamgevat het by ’n botsingstoneel in Klipfontein, eMalahleni, toe werkers van insleepdienste mekaar getakel het.

Volgens Witbank Nuus wys ‘n video wat op sosiale media die rondte doen, hoe die vuiste swaai.

Bruce Kirton, die eienaar van ’n insleepdiens, het aan die koerant gesê die konfrontasie broei al drie weke lank.

“Ek sleep nie privaat mense se karre nie, maar wanneer een van my kliënte my bel, gaan ons dadelik uit en help.”

Hy noem dat hy die Witbank Insleepdiens-vereniging genader het om die situasie uit te sorteer, maar kon tot dusver nie die situasie ontlont nie.

‘Vereniging is daar om motoriste te beskerm’

Die vereniging se president, Albert Holtzhausen, het gesê die doel van die entiteit is om motoriste te beskerm teen uitbuiting.

“Daar is streng reëls en regulasies in plek om die motoris te beskerm en die wat dit nie volg nie, sal nie karre in eMalahleni sleep nie,” het hy dit duidelik gestel.

Hy het genoem dat elke insleepdiens wat aan die vereniging behoort, ’n kenmerkende plakker op hulle insleepvoertuie het met ’n nommer.

Die insleepbakkies is almal by die polisie en verkeersafdeling geregistreer en sou daar enige probleme met ’n insleepvoertuig ondervind word, dit dadelik aangespreek word.

Saak geopen

Plaaslike polisiewoordvoerder Kaptein Eddie Hall het bevestig dat al die partye betrokke in gister se vuisgeveg by die polisiestasie was. Hall noem dat drie mense gearresteer is en dat klagte van aanranding en die onwettige rig van ‘n vuurwapen teen hulle oopgemaak is.

Waarskuwing: Die volgende video bevat kru taal wat sensitiewe kykers kan ontstel

Kyk die video:


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button