Kyk: Middelburgse tuinier bestook vermeende betreder met bakstene
'n Man van Middelburg het gisteroggend seker gemaak dat 'n onwelkome gas vinnig spore maak uit sy werkgewer se tuin.
’n Tuinier van Middelburg het gisteroggend ’n vermeende betreder met bakstene bestook toe hy hom in sy werkgewer se erf betrap het.
Die video waar die man deurloop onder die bakstene is op ‘n noodgroep geplaas.
“Ek het my tuinier se hand gaan skud en vir hom dankie gesê nadat ek na die video gekyk het!” het Alet Maritz gesê.
Maritz was hospitaal toe waar sy ‘n ouma geword het. Die tuinier, Thabo Ngwatle, het aangegaan met sy werk in die tuin.
Met haar terugkeer het Ngwatle vir haar gesê dat daar iemand in die erf was.
Sy het dadelik die videomateriaal nagegaan en gesien hoe braaf Ngwatle opgetree het om die man te verjaag met bakstene.
Die videomateriaal wys hoe die vermeende betreder stadig oor die muur klouter en koes-koes langs die watertenk gaan staan.
Die volgende oomblik loop hy hom egter vas in Ngwatle, wat blitsvinnig bakstene opgetel en hom daarmee gegooi het.
Dit was een te veel vir die man, wat vinnig oor die muur aan die anderkant afgeval het terwyl die bakstene vlieg.
Read original story on www.citizen.co.za